Vrou gearresteer – nou vry

Sy het na bewering haarself aan die publiek voorgestel as ’n polisie kaptein van Vanderbijlpark, en is daarom gearresteer.

Sy is aangekla vir verskei “oortredinge”, en was met traan gevulde oë, van verligting, uit die hofsaal nadat die polisie alle aanklagte teen haar terug getrek het.

Leana van der Westhuizen (29) is vroeër gearresteer en aangekla van regsverydeling en omdat sy haarself voorgehou het  as ’n polisiebeampte..Op daardie stadium was sy ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF).

Die Forum het egter ontken dat daar enige verbintenis is met die vrou.

Haar regsverteenwoordiger, Shaun Kruger, het beswaar gemaak teen die feit dat die saak herhaalde kere uitgestel word.

Mev. Van der Westhuizen is ’n enkel ouer en die hele aangeleentheid het ’n invloed op haar beperkte fondse.

Hy het gevra dat die saak van die rol geskrap word.

Die staat het die saak toe teruggetrek hangende die ondersoek.

“Ek hoop nie die saak word weer oopgemaak nie,” het sy gesê.