Volksmoord nou eensydige oorlog

Die bestuur van Projek 2010 het in ’n pas afgelope vergadering met skok kennis geneem van die geweldige toename in moorde op volksgenote

Die vergadering het sy bedenkinge getoon met die feit dat moorde nie net aan die toeneem is nie, maar dat die metodes wat toegepas word, bykans almal dieselfde patroon weerspieël.

Tot en met die ter perse gaan het Projek 2010 reeds 12 moorde wat geverifieer en aangeteken is vir Oktober. Dit beteken dat daar gemiddeld, minstens een moord elke tweede dag gepleeg word.

Projek 2010 se bestuur begin al meer oortuig raak dat die hele volksmoord plaasvind in opdrag van ’n instansie.

Die feit dat Al Kaïda in die land toegelaat word, is vir die bestuur ’n saak van ernstige kommer.

Die bewerings dat militêre opleiding in plakkerskampe gegee word, laat ook vêrdere onrustigheid by volksgenote.

Die groot aantal moorde gee die indruk dat daar nou ’n oorlog gevoer word teen die blankes van die land, terwyl hulle self geen meganisme het om ’n teen offensief te loods nie.

Die bestuur het weereens ’n beroep op lesers gedoen om alles in werking te stel om hulle, en hulle geliefdes, te beveilig teen die terroriste se aanvalle.