Vir die huisvrou – Vrugte en Neute- rysslaai

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Ons gaan aan met ons slaai-reeks. Hierdie week het ons ‘n lieflike rysslaai.

Dis lekker vars, maar tog vullend.

Vrugte en Neute-rysslaai:

500 ml gaar Tastic-rys                                     

75 ml gekapte seldery

4 rooi appels                                                    

250 ml gekapte ham of bief

50 ml suurlemoensap                                      

1 fyngekapte pynappel (blik)

50 ml okkerneute                                            

25 ml gekapte grasui

50 ml gekapte pieterselie                                 

25 ml gekapte swart olywe

Slaaisous

125 ml olie

sout en peper

10 ml  suiker

125 ml asyn

5 ml Franse mosterd

Sprinkel suurlemoensap oor appels. Meng met gekoote rys en voeg neute by.

Voeg pieterselie, seldery, ham, pynappel, grasui en olywe by.

Klits bestandele van slaaisous saam en meng liggies met rysslaai.

Garneer met swart olywe en pieterselie.