Vir die huisvrou – Rysslaai

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons ‘n ander variasie van Rysslaai. Hierdie resep is nie so duur soos verlede week s’n nie, en die sous is waarlik ‘n treffer!

Rysslaai:

 

Bestanddele:

2 K Gekookte rys

2 E Ui (Fyngekap)

½  Groen soetrissie  (Fyngekap)

1x 410g Blikkie Perskes (Gedreineer en in klein stukkies gesny)

 

Sous:

½ K Mayonaisse

½ Suurlemoen se sap

2 E Blatjang

1 Eiergeel

¼ K Asyn

½ Blikkie kondensmelk

1 E Kerriepoeier

 

Metode:

Meng die rys, ui, soetrissie en perskes saam.

Kook die sous-bestanddele saam oor lae hitte. Roer aanhoudend om te voorkom dat dit aanbrand.

Laat die sous bietjie afkoel en voeg dit dan by die rysmengsel.

Meng die sous deeglik saam met die rys en verkoel.