Vir die huisvrou – Geelperskeslaai

Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Vir die volgende paar weke gaan ons onsself bietjie laaf met ‘n paar heerlike slaai-treffers om die ondraaglike hitte leefbaar te maak. Ons spring weg met ‘n geelperskeslaai. Dit word in ‘n japtrap gemaak. Geniet dit!

 

Geelperskeslaai:

Bestanddele: (goed gedreineer)

1 groot blik geel perskes gedreineer

6 groot agurkies gesnipper

1 ui fyn gekap of rooi/groen/geel ingelegte suur uitjies

 

Meng bostaande bestanddele goed

 

Sous: (kan in die yskas gebêre word en in piesangslaai of saam met vark, kouevleis ens. ook gebruik word)

1 blikkie kondensmelk

Dieselfde hoeveelheid mayonnaise

1 hoogvol teelepel matige kerrie

1 teelepel droë mosterd

Meng baie goed.

 

Meng vrugte en sous (hoeveelheid soos nodig) 2 – 3 ure voor bediening

Bedien koud