VF Plus reorganiseer

Die provinsiale partyraad van die Vryheidsfront Plus in die Noord-Transvaal het hul tweejaarlikse reorganisasie-vergadering gehou. As provinsiale leier is mnr. Hannes Heyman, ‘n sakeman van Pietersburg, verkies. Die twee ondervoorsitters is rdl. Neels du Preez van Rooiberg en mnr. Johan Jardim van Pietersburg.

Die ander verkose lede tot die provinsiale bestuur is rdl. Johan Willemse, streekleier van die Ysterbergstreek en rdl. Kobus Nel, streekleier van Waterbergstreek.

Lede verkies tot die Federale Raad van die Party, is mnr. Hannes Heyman, rdl. Neels du Preez, mnr. Johan Jardim, rdl. Johan Willemse, rdl. Kobus Nel, mev. Corrie Willemse, mev. Vara du Preez, rdl. Jan Kleynhans, rdl. George Morkel-Brink en mnr. Botha van Rensburg.

Waar nodig sal die VF Plus deur samewerking en koalisies meewerk dat die huidige oordondering deur die ANC effektief beperk kan word.