Verwyder ons name!

“Amerika, haal asseblief ons name af van julle lys van terroriste wat teen die apartheid van Suid-Afrika gestry het”.

Dit is die ANC-regime se versoek aan die VSA, nadat Tokyo Sexwale in New York aangehou is met sy onlangse besoek aan die land.

Die sogenaamde “Struggle-aktiviste”, of terroriste, is nie in die verlede toegelaat om Amerika te besoek nie.

Jackson Mthembu, ’n woordvoerder van die ANC, het ’n vurige pleidooi gelewer dat die VSA die land, en Sexwale om verskoning moet vra omdat sy waardigheid aangetas is in Amerika.

“Die ANC doen ’n ernstige beroep op Amerika om apartheidstryders se name van sy lys van vermeende terroriste te verwyder.”

Jack Hillmeyer van die Amerikaanse ambassade, het op navraag gesê hy het nie enige kommentaar daarop te lewer nie.

Sexwale is deesdae ’n sakeman wat die VSA besoek het.