Verkenners bring hulde

Die Paardekraal Verkenners wil graag ’n huldeblyk aan een van sy lede bring.

Oom Ewert Klopper is vandag, 25 Oktober 2013, in die ouderdom van 68 jaar oorlede.

In die lewe het hy nie veel welvaart belewe nie en daagliks was dit maar ’n stryd om siel en vlees aanmekaar te hou.

Ten spyte hiervan het oom Ewert sy kant op die volksakker met toewyding gebring. Hy het vele ure by die Paardekraal monument deurgebring met werksdae.

Hy was veral trots op sy werk vir die VVK en het ook as beampte tydens die verkiesing opgetree.

Alhoewel die lewe soms gedruk het, het hy dit altyd met ’n glimlag tegemoetgegaan. Kla was nie deel van sy lewe nie.

Hy was die voorsitter van die Paardekraal kampeer klub. Hierdie taak is met toewyding aangepak.

Oom Ewert, jou kampeerplek op Paardekraal gaan leegstaan.

Ons het vandag ’n goeie vriend verloor.

Alwyn de Klerk

Namens die Verkenners