Veediewe vasgevat

Twee blankes, Charles Marais en Marthinus Groenewald word aangekla dat hulle na bewering 139 stuks vee gesteel het op verskillende plase in die Rustenburg en Brits omgewings.

Die waarde van die gesteelde diere is meer as R800,000.

Beide mans sal eersdaags op aanklag van veediefstal in die landdroshof van Brits verskyn.

Die twee het na bewering plase in Wes-Transvaal geteiken.

Die polisie het ook beslag gelê op die vragmotor wat blykbaar gebruik is om die diere te vervoer.