Trekker eis lewe

’n Boer van Bethlehem in die Vrystaat, is dood toe sy trekker omgeslaan het en op hom geval het.

Mense het meer as drie uur lank gesukkel om mnr. Piet van Niekerk (64) van die plaas Mullersvlei, onder die trekker uit te haal.

Mnr. Van Niekerk se vrou, Annatjie, het later onrustig geraak omdat hy nie huiswaarts gekeer het nie, en het hom probeer skakel.

Vroegoggend het sy haar seun gestuur met koffie vir hom, net om te ontdek dat hy onder die trekker beland het.

Spesiale toerusting moes gebruik word om die trekker op te lig sodat hy uitgehaal kon word.

.