Tragiese gesinsmoord

In die ooste van Pretoria het ’n pa sy eksvrou, en hulle twee klein kindertjies geskiet, en daarna sy eie lewe geneem op die landgoed waar hulle gewoon het.

Die tragiese gebeure het hom afgespeel in die Woodlands Lifestyle Estate se klubhuis, waar almal se liggame later gevind is.

’n Ooggetuie beweer die jong ma van 32 jaar was saam met haar kinders in die park toe inwoners skielik vuurwapen skote gehoor het.

Een inwoner het gesê dat die gesin nie lank in die buurt woonagtig was nie.