Terroriste vermoor boer

Die boer, mnr. Paul Mason (63), is ’n welbekende bosbouer in die Sabie gebied, wat nou vir ’n tweede keer deur terroriste aangeval is, kon hierdie aanval nie oorleef toe vier gewapende skurke hulle oorval het nie.

Mnr. Mason is ook gedurende 2010 op sy plaas aangeval en gewond.

Terwyl die egpaar op pad was na werkers, het vier terroriste ’n gat in die heining geknip, en die egpaar blykbaar in die huis ingewag.

’n Tuinwerker, wat vasgebind was,  het aan die polisie vertel dat hy gehoor het hoe drie skote afgevuur word.

Mnr. Mason is twee keer in die bors getref, en een koeël het sy onderlyf binne gedring.

Mev. Gwen Mason het na die huis gevlug, maar hulle het haar vasgebind en in ’n badkamer toegesluit.

Die terroriste het die huis deursoek, drie skootrekenaars, selfone en sowat R1,000 gebuit, en te voet gevlug.

Die vermoede bestaan dat dit dieselfde klomp terroriste is wat twee dae gelede die leerlinge by “Aan de Vliet” oorval en beroof het.

’n Voormalige speurder van die polisie is van mening dat die terroriste ’n deel van die Al-Kaida terreurgroep is wat in Suid-Afrika opgelei word, en nou gehuur word om te help met die uitwissing van blankes.