Terroriste skiet man by huis

Mnr. Michael Laubser, ’n 58 jarige inwoner van Pikkewynstraat in Pretoria, is deur aantal terroriste oorval en doodgeskiet, terwyl hy besig was om goedere af te laai waar hy in die oprit geparkeer het.

Kapt. Colette Weilbach, van die polisie meen dat mnr. Laubser probeer het om in die huis te kom toe hy die terroriste gewaar het.

Hy het skote in die bene gekry, en die huishulp het glo by die aanhoor daarvan na buite gegaan om te kyk wat gaande is.

Die werker het glo gesien mnr. Laubser lê by die voertuig in ’n plas bloed.

Daar is glo enkele items uit die huis weg.

Hy is op die toneel oorlede.