Terroris so betrap

Die bejaarde egpaar van Barkly-Oos, mnr. Dawid De Villiers en sy vrou, se moordenaar is op die plaas, by die woonhuis betrap deur hulle dogter.

Dr. Christina de Villiers.

Sy was onbewus van die gruwelike moord op haar ouers toe sy op die plaas aangekom het.

Die terroris, wat bebloed was, het vir haar gesê die huismense wou nie die deur vir hom oopmaak nie!

Haar broer, Dawie (53), se keel is halfpad afgesny en is ook vir dood agtergelaat, maar is inderhaas Bloemfontein toe geneem.

Die terroris beweer hy het werk gesoek in die Barkly-Oos gebied, maar is deur die vinnige optrede van die polisie in hegtenis geneem kort nadat hy die moorde gepleeg het.

Dr. De Villiers sê sy het ’n oproep van haar ma gekry, maar voordat hulle kon praat, is die oproep gekanselleer. Die vermoede bestaan dat die terroris die oproep gekanselleer het.

Sy het kort daarna plaas toe gery om te gaan kyk waarom die foon nie geantwoord word nie en toe op die moordenaar afgekom.