Styging in Duitse werkloosheid

Duitsland se werkloosheid het effens toegeneem in Oktober. Daar bestaan onsekerheid of die toename in werkloosheid slegs tydelik is en of dit ‘n tendens is. Die maand se werkloosheidsyfer was steeds beter as die van 1990 toe Oos- en Wes-Duitsland verenig het.

Die land se totale werkloosheid staan op 2,97-miljoen teenoor Julie se 2,94-miljoen. Die persentasie vir werkloosheid vir Oktober was 6,9%. Inwoners wat in diens is beloop 42-miljoen.

Menige land sou wat wou gee om met so ‘n lae werkloosheidsyfer te sit in die huidige swak wêreldekonomie.