Sinnelose wette weerspieël kommunisme

ANC-regeerders is besig om al hoe meer in te meng met die privaat lewe van landsburgers wat dui telkens dui op kommunistiese beheer.

Die geleerdes wat hulle uitgee as grondwetkenners, het glo in Johannesburg gesê die regering maak inbreuk op mense se privaatreg tydens ’n bespreking van die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR).

Talle voorbeelde word genoem van hoe mense se vrye reg en vrye keuse ingeperk word deur die regime.

Regering se plan om drank advertensies te verbied,

Suid-Afrikaners se sout inname te beperk

Om mense te beperk of te belet om te rook.

Leon Louw, die Vryemarkstigting se uitvoerende direkteur sê die regering meng veral in met klein en onbenullige sake terwyl die groter en belangriker sake geïgnoreer, of weinig aandag ontvang.

Suid-Afrikaners het die reg om groot besluite te neem, soos met wie om te trou of watter loopbaan om te volg, of waar ons ’n huis wil koop, maar ons mag nie besluit hoeveel skuld ons wil aangaan of hoeveel sout ons wil eet nie.

Dit is die siening van een grondwetkenner.

Een kenner sê die planne is soos ’n  “tsoenami” van gesondheidsregulasies wat die land getref het, wel wetende dat dit alles foefies is.

Die regering beplan glo ’n algehele verbod op tabak teen 2040.

Een Grondwetkenner, wat duidelik geen benul het van wat afsonderlike ontwikkeling behels nie, het gesê “Ons beweeg terug na die verlede, na apartheid, toe die regering besluit het mense is nie bevoeg om self te besluit nie.”

’n kenner van die kommunisme het gesê dit is duidelike seine dat die lland oppad is na ’n kommunistiese stelsel, onder die dekmantel van sogenaamde demokrasie, terwyl die heersers beheer het oor die burgery se privaat lewe en reg.

Een persoon het gevra: “Gaan die regime ’n wet op die Wetboek plaas dat mense slegs vir voortplanting doeleindes, seks mag hê?”

“As jy eers kommunisme so gevestig het, is daar ook nie meer weerstand en eie denke in die mens oor nie, wat dan van hom ’n slaaf maak”, was die opmerking van ’’n lid van die Verkenners.