SAL soek alweer geld.


Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kort minstens R6 miljard om sy omkeerstrategie te finansier, maar die verwagting is ook dat dit heelwat meer kan wees.

Die lugdiens onderhandel tans met die tesourie oor finansiering vir die plan. Die SAL se finansiële state vir die 2013-boekjaar kan nie in die parlement ter tafel gelê word nie totdat daar groter duidelikheid oor die finansieringsopsies is.

Die lugdiens het die afgelope tien jaar naastenby R12 miljard verloor. ‘n Groot deel van dié is toe te skryf aan die verkansings wat verkeerd geloop het. Vanjaar is ‘n nuwe, allesomvattende omkeerplan gefinaliseer wat tans ingestel word.

Die Vryemarkstigting meen die lugdiens moet op ‘n openbare veiling verkoop word. “Die SAL is ‘n dinosourus wat in die verlede hoort,” het die direkteur van die stigting, Temba Nolutshungu, gesê.

Willie Walsh, uitvoerende hoof van die internasionale lugdiensgroep IAG, het ook by die AASA-kongres gesê die tyd van staatsbeheerde lugdienste is verby.

Jan Fiskaal sê hierdie uitsprake dui dalk daarop dat daar reeds ‘n koper uit die Midde-ooste of dalk Indië ‘n eerste paaiement gelewer het.