Sakeman sterf in vliegongeluk.

‘n Gesiene sakeman van Klerksdorp, Ivan van Rooyen (52), het gister ten aanskoue van sy seun en vrou in sy ligte vliegtuig verongeluk.

Ivan was besig om vliegtoertjies uit te voer. Saam met Ivan in die vliegtuig was Pieter Welgemoed (38), die verloofde van ‘n familievriendin, Nicky Backström. Ethan (12) was kort tevore saam met Ivan in die vliegtuig en het staan en kyk toe dit sy pa se beurt in die vliegtuig was.

Die oorledene se broer, John het gesê hulle het ‘n rol gedoen en met die vliegtuig se neus in die grond geduik.

Ivan se RV-6 tweesitplek-sportvliegtuig wat hy self gebou het, het ontplof nadat dit die grond by die P.C. Pelser-vliegveld in Klerksdorp getref het.