SABC kry nuwe voorsitter

Zandile Tshabalala is deur pres. Zuma aangewys as die nuwe voorsitter van die SABC.

Tshabalala is in September aangestel as ’n nuwe lid van die uitsaaier se Raad.

As adjunkvoorsitter is Prof. Obed Maguvhe aangestel. Hy is verbonde aan Unisa..

Die nuwe Raad bestaan hoofsaaklik uit swart en Indiërs, wat blykbaar almal met die hand uitgesoek is om die ANC terwille te wees.

Van die opposisiepartye het die nuwe Raad verwerp vanweë die oorgrote meerderheid van ANC-element daarin.

Tshabalala, wat oor ’n B.Com graad beskik, was voorheen ’n amptenaar by Poswese en Transnet.