Rusland waarsku teen chemiese wapens.

Dit het die ore van die Russiese Minister van Buitelandse Sake, Sergey Lavrov, bereik dat sekere lande Siriese rebelle oplei in die gebruik van chemiese wapens in Afghanistan.

Die doel is om dit in valsvlagoperasies in Sirië aan te wend, het hy gesê. Hierdie opleiding vind plaas in gebiede wat nie onder die beheer van die regering in Kabul is nie.

Sekere inligting dui ook daarop dat ‘n radikale been van Al-Qaeda, (Al-Nusra Front) beplan om toksiese stowwe en die noodsaaklike spesialiste in Irak in te smokkel om terroristiese dade uit te voer.

Die Russiese minister wat samesprekings met sy Koeweit ampsgenoot, Mohammad Sabah Al-Salem Al-Sabah gevoer het, het gewaarsku teen moontlike provokasies in Sirië wat verband met die vernietiging van die chemiese wapens hou.

Damaskus beskuldig die Siriese Rebelle vir die chemiese wapenaanval in Augustus vanjaar. Rusland ondersteun die standpunt.

‘n Russiese diplomaat het gesê dat die Augustas aanval ‘n spesiale operasie van Saoedi Arabië se intelligensie groep was. Die groep wat hulleself Liwa Al-Islam noem, staan onder leiding van ‘n Saoediese geestelike se seun.