Rioolafval veroorsaak probleme

Onverwerkte rioolafval kan ernstige siektes veroorsaak. Dit ken nie status, kleur of ras en is blykbaar wêreldwyd ‘n ernstige probleem.

So het Koos Davel, ‘n professionele ingenieur wat in afval spesialiseer, voor streeklanddros Johan Bosch in Welkom getuig, tien jaar nadat hy ‘n klag oor die wanbestuur van rioolafval teen die betrokke munisipaliteit van Welkom se bestuur ingedien het.

Hy het getuig dat die polisie in 2004 nie sy klag van oortredings van omgewingswette registreer nie, omdat dié oortredings nie op hulle stelsel was nie. Hy het toe ‘n klag van poging tot moord ingedien.

Volgens hom het onbehandelde rioolafval in die Losdoringspruit beland, waar daar talle vee en onder andere melkkoeie wei.

Hy sê dat rioolafval maak ‘n drastiese impak op alles in die omgewing: patogene kan jare in die grond oorleef; dit sit in beeste se vleis en melk, veroorsaak ernstige siektes soos tifus, cholera, E.coli, wurms en wurmeiers.

Die ses beskuldigdes wat verskillende poste in die munisipaliteit beklee het, ontken skuld; hoewel drie van hulle willens en wetens ‘n tender vir die herstel van die riool suiweringsaanleg aan ‘n onervare kontrakteur toegestaan het.