Rassisme maak Lydenburg donkerder.

Die munisipaliteit in Lydenburg het glo opdrag gegee dat slegs wanbetalers in die tradisioneel wit woonbuurte se krag afgesny moet word.

"Kiesers" in die tradisioneel swart woonbuurte moet glo "nie ontstel word nie."

‘n Woordvoerder van die munisipaliteit het geweier om dié bewering, gemaak deur een van die sub-kontrakteurs van die raad, te bevestig of te ontken. Die opdrag om net wit mense se krag te sny, is glo vroeër deur Makosasana Masilela, burgemeesterskomiteelid vir finansies, gegee.

Dit volg nadat ‘n lys opgestel is van sowat 980 verbruikers wie se krag agterstallig en afgesny sou word.

Die subkontrakteur van die raad het bevestig dat die tegniese afdeling wel so ‘n opdrag ontvang het.

Die Vryburger se kommentator Jan Fiskaal sê hy wil die lesers se aandag daarop vestig dat selfs in die onregverdige Suid-Afrika van vandag, is hierdie aksie onwettig.

Volgens die veelgeroemde Grondwet is so ‘n flagrante daad van finansiële diskriminasie ontoelaatbaar, en blankes in Lydenburg sal hulleself ‘n guns doen om regsadvies in te win.