Professionele toerisme?

Die Minister vir Vroue, Kinders en Gestremdes, Lulu Xingwana, se groeiende reiskoste is deur prof. Daniel Plaatjies, FFK-kommissaris spottenderwys as "professionele toerisme" gedoop.

Die minister het in sy program vir die regte van gestremdes, 10 van die gestelde 16 teikens nie bereik nie.

Maar die verslag van die Finansiële Fiskale Kommissie wys dat die reis- en verblyfkoste toegeneem het van R3.9miljoen in die boekjaar 2011-’12 tot R9.9 miljoen in die afgelope boekjaar 2012-’13.

Ghalieb Dawood, projekbestuurder, het gesê die groter reis- en verblyfrekening is veral vir oorsese reise.

Xingwana het vandeesmaand wal gegooi en gesê die departement het internasionale verpligtinge teenoor die Verenigde Nasies.

Dit is nie die eerste keer dat Xingwana en haar departement onder skoot kom weens duur reise nie.

Sy het te midde van  kritiek vroeër gesê sy kan nie op ‘n besem New York toe vlieg nie, en daar kan nie van haar verwag word om daar in ‘n pondok te gaan bly nie.

Indien hierdie tipe geldmors dalk binnekort as "sekuriteitsaangeleenthede" geklassifiseer word, sal dit natuurlik nie meer moontlik wees om hieroor

Foto – Lulu Xingwana