Prestasieprys nie toegeken

Uit Londen word berig dat die gesogte Ibrahim-prestasieprys vir leierskap in Afrika weer nie toegeken is nie.

Die prys is die grootste individuele leiersprys ter wêreld en is nou vir ’n vierde keer nie toegeken nie.

Die prys, ingestel deur die Soedanse magnaat dr. Mo Ibrahim, is nog net drie keer toegeken.

Die ontvanger daarvan kry sowat R50 miljoen wat oor 10 jaar betaal word, plus ’n vêrdere bykans R2 miljoen jaarliks, vir die res van die persoon se lewe.

Die prys kan net toegeken word aan ’n demokraties verkose Afrika-leier, wat uitsonderlike leierskap toon, wat ook sy gemagtigde termyn in die amp uitdien, en daardie amp in die afgelope drie jaar verlaat het.

Die feit dat die prestasieprys nie toegeken is nie, dui volgens waarnemers daarop dat die leierskap in Afrika nie stewig genoeg is om as kandidate oorweeg te word nie.

Foto –  dr. Mo Ibrahim