Polisie is nie hulpvaardig

Die polisie se onwilligheid om kundigheid en ervaring te beloon, omdat "transformasie" belangriker is as "openbare diens," baat private veiligheidsmaatskappye.

"Coin Security lyk soos die polisie se hoofkwartier," het dr. Johan Burger van die Instituut van Sekerheidstudie gesê.

"Kundigheid word nie deur die polisie waardeer en beloon nie, en daarom word hulle deur ander veiligheidsinstansies opgeraap."

Dit is waarom wit en bruin polisielede tussen 15 tot 20 jaar met dieselfde rang sit en nie bevorder word nie. Daarby moet lede op aftree-ouderdom ‘n ander werk soek, want hulle pensioene beteken niks nie. Dit is meestal lede wat ‘n voorbeeldige loopbaan gehad het.

Die ondersoekers wat die Facebook-verkragter (Thabo Bester) en Sondagverkragter (Jaco Steyn) ondersoek het, is ook al jare in die selfde rang en is nie vir die goeie werk beloon nie.

Intussen het die polisie onlangs onder skerp kritiek deurgeloop omdat byna 1,500 polisiebeamptes, van wie honderde senior offisiere is, ‘n misdaadgeskiedenis het.

Waarnemers het aan Die Vryburger gesê die probleem met transformasie is dat jy sommer enige een ter wille van sy velkleur in ‘n uniform sit. Die uniform maak nie van ‘n persoon ‘n polisieman nie.

Die ou leuse, om te dien en te beskerm, is wat werklik belangrik was.

Daarom was die polisie altyd gereed om in enige noodsituasie te help, soos wanneer petrolpompe toe is en brandstof by die polisiestasie gekry is.