Plaasaanvalle word meer

’n Blanke boer het ’n vier keer hoër risiko om aangeval, en selfs vermoor te word, as enige een in die SAPD se diens.

Dit is die bevinding van ’n senior navorser in Suid-Afrika, dr. Johan Burger.

Mnr. Henk van de Graaf het uitgewys dat statistieke daarop dui dat 31 gewone landsburgers vermoor word uit elke 100,000 mense. Polisielede wat vermoor word, is 54 uit elke 100,000 – maar 121 boere word vermoor uit elke 100,000.

Te midde hiervan weier die regering om plaasaanvalle ’n prioriteit saak te maak, het Van de Graaf gesê.

TLU SA, hou rekord van plaasaanvalle waarvan die volledige besonderhede beskikbaar is. Daar was vanjaar reeds 181 aanvalle teenoor die 171 vir die hele 2012.

Gedurende 2012 is 63 boere vermoor in aanvalle, en vanjaar se sterftes het reeds op 54 gevalle te staan gekom.

In Oktober,was daar reeds 19 plaasaanvalle en 12 plaasmoorde landwyd.