Pienk kabouters!

Nou die dag breek Sunette Bridges toe mos ou Harald Pienkendorf se beste redenasies stomp af op Dagbreek. Die bedoeling was sekerlik om die regse vroutjie op haar plek te sit en haar naam te verkrater. Dít blyk duidelik uit die samestelling van die deelnemers. Die aanbieder is ‘n kabouter wat vir my ‘n bietjie voorkom of sy dalk vir die ander span kolf. Die ander span is dan ook Wes Indië want sy klink nie al te rasbewus nie.

Tydens die debat is sy toe soos Jurie Els by ‘n laerskool stoeikampioenskap. Sy moes alles gee om nie in te spring en deel te neem nie! Tog kon sy aan die einde die beheer nie behou nie en vertel sy toe van ‘n swart vrou wat ‘n wit vrou gehelp het, want solank een swart vrou eens op ‘n keer ‘n wit vrou gehelp het, kan ons vergeet van alle swart op wit moorde wat al gepleeg is.

Haar ander twee spanmaats het hard probeer om plaasmoorde te beskryf as gewone misdaad of nog beter as die dade van arm mense wat net honger is! Dit klink logies! As ek honger is stap ek ook mos kombuis toe, skakel ‘n stoofplaat aan, kook solank die ketel en dan gryp ek die eerste persoon van alternatiewe skakering wat by my huis verbyloop, brand sy wang op die stoofplaat tot sy voete vuiste maak, gooi die kookwater in sy keel af en druk sy hande in die voedselversapper en vat sy selfoon. Dan voel ek heeltemal versadig!

In die woorde van Oom Eugene: Jy moor nie omdat jy honger is nie, jy moor omdat jy ‘n barbaar is!

Ja, die drie-man-pienk-span het met goeie fiksie Sunette se statistiek probeer weerlê, maar Pakendorf se vermoë om te debatteer wyk nie veel af van sy voermoë as redakteur nie! Die groot deurbraak was dat die liberales self erken het dat die kommandostelse nooit afgeskaf moes word nie! Al wat nog lol omdat dit minder sin maak as die lirieke van Ska-rumba, is wat die funksievan die kommando’s dan was?

As plaasmoorde gepleeg word uit hongersnood, het die kommando’s dan gefunksioneer as sopkombuise?

Tot volgende slag

Die Sweep