Pasop, jy word besteel

Kliënte wat kontant by banke onttrek, is een van die belangrikste teikens om beroof te word deur rowers en skelms.

Dit blyk dat daar ’n redelike vaste patroon gevolg word deur die kwaaddoeners wat in die afgelope nege maande van vanjaar sowat R36 miljoen ”verdien” het met die skelmstreek.

Die feit dat kliënte wat geld in die banke onttrek, meer beroof word as by kitsbanke, laat die vermoede versterk dat daar van binne die banke oproepe gemaak word aan die skelms wat buite wag.

Die Vryburger het ook berig ontvang van ’n kliënt wat sowat R500,000 wou gaan bank. Toe hy dit wil deponeer, sê die kassier die bank kan net ’n gedeelte van die geld ontvang, hy moet die res by ’n ander takkantoor gaan bank.

Hy het aangedring daarop dat al die geld wel by die betrokke tak gebank word, wetende dat diewe waarskynlik vir hom wag op aanbeveling van die “binne agent”

’n Voormalige bankamptenaar sê dat wanneer sulke voorvalle plaasvind, die kliënt dadelik daarop moet aandring om die bestuurder te spreek.