Parlementslede getoets vir HIV

Parlementslede sal nou hulle HIV-status weet na die HIV berading en toetsing veldtog by die Parlement en die Provinsialerade uitgekom het.

 

Die politici het saam met 18,000 ander Suid-Afrikaners gespan wat getoets is sedert die ANC se pres. Jacob Zuma, die projek in April 2010 geloots het.

Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het ‘n oproep op politici en ander toonaangewende individue gedoen om met hulle voorbeeld te lei en getoets te word, in ‘n poging om die stigma aan die siekte te verminder.

Die vooraanstaande ampsdraers is ook vir tuberkulose en ander siektes soos diabetes en hoë bloeddruk getoets.