Parlement moet verskuif

Dit word ’n al sterker moontlikheid dat die parlement gaan verskuif van Kaapstad, na of Johannesburg, of Pretoria.

Die argument dat dit te duur is om heen en weer tussen Pretoria en Kaapstad te reis, het weer sy kop uitgesteek na Gordhan se “besparings” aangekondig is.

Die hele saak is voorheen al beredeneer, maar het nou weer na vore gekom omdat dit glo te duur is om heen en weer te reis tussen die twee stede.

Voormalige parlementslede stem egter nie saam met die ANC ministers nie, en daar is selfs aanduidings dat so ’n verskuiwing miljarde Rand kan beloop.

’n Woordvoerder van die Verkenners het gevra of dit nie net nog ’n metode is om seker te maak dat Pretoria se naam verander kan word nie.

Die beste ding sal wees as die parlement dan maar na Soweto verskuif, het hy gesê.

Ministers het blykbaar te kenne gegee dat ’n “interdepartementele komitee” ondersoek doen na die moontlikheid om die parlement uit Kaapstad te verskuif.