OVK twis onder mekaar

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) probeer nou vure doodslaan en wil kiesers glo gerusstel dat hulle onderlinge getwis met mekaar nie die verkiesing in die wiele sal ry nie.

Die OVK se ondervoorsitter, ene Terry Tselane, het in Midrand tekene gegee dat daar onderlinge verskille bestaan, maar dit sal blykbaar nie die verkiesing nadelig beïnvloed nie.

Hardnekkige gerugte vlieg rond dat die OVK ’n moontlike paleisrevolusie in die gesig staar, en kommer bestaan dat die verdeeldheid daartoe kan lei dat die verkiesing van 2014 benadeel kan word.

Dit blyk dat adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), vasgestel het dat adv. Pansy Tlakula, OVK-voorsitter, asook van die komiteelede hulle aan wanadministrasie en onbehoorlike gedrag skuldig gemaak het.

Tlakula het egter ontken dat sy verkeerd gehandel het.

In die liberale wereld van politici word Tlakula beskou as die beste kenner van verkiesings en prosedures, in die land.

Foto – Pansy Tlakula