Oostenrykse tromspeler verongeluk.

Een van die twee oorledenes in die noodlottige ongeluk die afgelope naweek by Lionsrock naby Bethlehem, is ‘n bekende tromspeler in Oostenryk.

Markus Wendlinger (32) van Oos-Tirool het tromme vir die groep Drumartic gespeel.

Die groep het onlangs bekendheid verwerf toe hulle in ‘n Oostenrykse televisieprogram opgetree het. Later het hulle die eerste prys in ‘n nasionale Four Paws-kompetisie met hulle liedjie "A New Day" gewen.

Die prys vir die kompetisie was die reis na Suid-Afrika.

Drumartic het ‘n musiekvideo by Lionsrock opgeneem nadat hulle die aand voor die ongeluk by Four Paws se 25ste verjaarsdag opgetree het.

Volgens die woordvoerder van die die Oostenrykse ambassade, Mark Gártner, was daar agt Oostenrykse burgers in die voertuig, van wie net een dood is. Die tweede oorledene is ‘n Bulgaar, Assen Baldaranov (37). Hy het vir Four Paws in Wene gewerk.

Drie mense is steeds in die hospitaal.

Foto – Markus Wendlinger