Oe-la-la die Franse is rassiste

Die Franse regering wil ‘n twaalfjarige meisie vervolg omdat sy ‘n piesang in die rigting van die swart minister van justisie, Christiana Taubira geswaai het.

Die kind het beledigings na die minister geslinger tydens ‘n protes teen homoseksuele huwelike in Angers in die weste van Frankryk.

Volgens ‘n ooggetuie, ‘n verslaggewer Jean-Yves Lignel, het die kind die piesang rondgeswaai en gesê: "Vir wie is die piesang? Dit is vir die aap."

 

Leiers van die regerende Sosialistiese Party wil nou ‘n klag teen die kind aanhangig maak vir die opsweping van rassegeweld, hoewel daar geen rassegeweld plaasgevind het nie.

Dit is duidelik dat die enigste werklike opsweping wat plaasgevind het, was afkomstig van die verslaggewer wat ‘n openbare vete teenoor die kind en die omstanders voer.

Prokureurs meen dat weens haar ouderdom kan die kind nie beboet of tronkstraf gegee word nie.

‘n Verdere ondersoek is begin nadat ‘n kandidaat van die Nasionale Front (NF) Taubira met ‘n aap vergelyk het.

Anne-Sophie Leclere, wat ‘n kans staan om ‘n raadslid in Rethel te word, het gesê: "As alles gesê is, sal ek haar liewer in ‘n boom wil sien as in ‘n regering.