Nuwe wending – Griekwastad moorde

’n Plaaslike koerant, bekend as die “Diamond Fields Advertiser” het ’n berig geplaas waarin beweer word dat ’n sogenaamde regse ’n vroulike boer, nou beweer dat sy op een of ander wyse, klaarblyklik deel was van `n moordbende vir die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad.

Die dame, ene Cornelia de Wet, beweer blykbaar dat sy ’n ingeskrewe lid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) is.

Sy het glo gister uit die Kimberley tronk aan die betrokke koerant die mededeling gedoen en uitgewei oor wat op die besondere dag plaasgevind het.

Sy beweer ook dat `n veiligheidsmaatskappy se eienaar die brein agter die moorde is, en dat dit ten doel was om paniek onder boere te saai, sodat hulle van die maatskappy se dienste sal gebruik maak

Sy beweer ook dat `n bedrag van R100 000 betaal is aan die moordenaar om die taak uit te voer.

Na wat berig word, het sy Woensdag met die regsverteenwoordigers van die minderjarige beskuldigde, gesprek gevoer oor die saak.

Die dame word intussen aangehou weens die beweerde besit van ammunisie en plofstof en verskyn einde November in die hof.