Nuwe Valke-ondersoek.

Die Valke ondersoek ‘n klag van regsverydeling teen Lawrence Mrwebi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se spesiale handelsmisdaadeenheid, nadat korrupsieklagte in 2011 teen die intelligensiehoof, Richard Mdluli teruggetrek is.

Kol. Kobus Roelofse, ’n Valke-ondersoekbeampte in die Ndluli-sage, het die klag teen Mrwebi ingedien.

Dit kom na regter John Murphy verlede week in die Hooggeregshof in Pretoria, gelas het dat strafregtelike en dissiplinêre klagte sonder verwyl, weer teen Lt. genl. Mdluli, die geskorste hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, ingestel moet word.

Murphy het ook bevind dat Mrwebi se besluit, om die klagte teen Mdluli te laat vaar, irrasioneel en ongeldig was.

Kort nadat pres. Jacob Zuma vir Mrwebi aangestel het, het hy die senior aanklaer, adv. Glynnis Breytenbach, opdrag gegee om die klagte terug te trek.

Foto – Lawrence Mrwebi