Nando-piekniek vir ‘n maand

Die Mafeking-munisipaliteit het in een maand vir sowat R132,000 se wegneem kos by Nando’s gekoop.

’n Woordvoerder in die provinsie sê dat die munisipaliteit nie in die vermoee is om dokumentasie beskikbaar te stel vir die aankope nie.

Die aangeleentheid is onder die aandag van die Ouditeur-generaal (OG) gebring en nou word oorweging gegee om die Openbare Beskermer hiervan in kennis te stel.

Vir sowat ’n maand lank is daar daagliks Nando/s aankope gedoen teen ’n gemiddelde bedrag van byna R4000.

Volgens die Nando’s pryslys sou dit vir die maand kon betaal vir 4 400 burgers, 900 gesinspakke en 5,000 stukke hoender-kwarte. 

Pogings om gesaghebbende woordvoerders van die munisipaliteit te kontak, was vrugteloos.

Telefone het gelui en gelui, maar die lewendes het doodstil geraak.