Minister huur motor vir R400,000

Die prys van ‘n intreevlak luukse motor. Dit is wat dit gekos het om vroeër vanjaar ‘n luukse Duitse motor vir die Minister van Openbare Werke te huur.

Die Mercedes-Benz E-klas, teen ‘n huurtarief van R136,481 vir net meer as ‘n maand – is egter nie die enigste gehuurde motor waaraan duisende Rand bestee is nie.

Dit het verlede jaar net minder as R60,000 gekos om vir minister Thulas Nxesi ‘n Mercedes-Benz S-klas vir drie dae te huur.

Nog gehuurde motors waaraan duisende spandeer is, sluit in:

‘n Jeep Cherokee teen R21,716 vir twee dae;

‘n Mercedes Benz ML teen R23,186 vir drie dae;

‘n Jaguar XRF teen R6,474 vir een dag;

‘n Audi 07 teen R9,120 vir een dag.

Nxesi het in die tydperk 21 Januarie verlede jaar tot 11 Junie net minder as R400,000 vir die huur van motors betaal. Die minister het twee amptelike motors, een in Pretoria en een in Kaapstad. Die verskoning dat die motors nie beskikbaar is nie, word deur waarnemers as ’n blatante leuen beskryf.

Foto  – Thulas Nxesi