Mimi vereer

Mimi Coertse (81), die wêreldbekende opera-diva, is in Pretoria vereer met ’n eredoktorsgraad, tydens ’n gradeplegtigheid, deur Prof. Mogege Mosimege van Unisa.

Tydens die geleentheid is daar hulde gebring aan Mimi, wat soveel internasionale roem behaal het.

Sy was veral bekend vir haar talle rolle soos dié van Donna Elvira, Gilda, Traviata, Olympia, Donna Anna, Nedda, Zerbinetta en Fiakermilli in veral Weense, maar ook in ander operahuise, wat sy vertolk het.

Mimi het gesê die toekenning is vir haar ’n besondere groot verrassing.