Miljoen mense by Vigs-ondersoek

’n Ondersoek waarby meer as ’n miljoen mense betrek gaan word om vas te stel hoe die “siekte” gekeer kan word, het begin in die Wes-Kaap en Zambië.

Die oordrag van die toestand sal ook in die ondersoek bepaal word.

Nege gemeenskappe in die Wes-Kaap, en twaalf in Zambië word in die projek betrek waarby 1,2 miljoen mense betrokke sal wees.

Die studie, bekend  as “Population Effects of Antiretroviral Therapy to Reduce HIV”, gaan oor ’n tydperk van 5 jaar uitgevoer word en sal glo aan uitgawes in die koers van R1,5 miljard beloop, waarvan die die meeste geld uit die VSA afkomstig is.

Die doel van die ondersoek is om die kringloop van MIV-oordrag uiteindelik te stuit.

Die jongste bevinding is dat 2,5 mense die virus opdoen vir elke een persoon wat behandel word met antiretrovirale middels.