Mikayla verloor vinger.

‘n Vinger van Mikayla Robertse (7) van Ellisras, wat in haar bed deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is, gaan geamputeer word.

Haar ma, Charmaine Robertse het gesê verskeie dokters wat haar kind ondersoek het, sien die amputasie van haar linker middelvinger as die enigste oplossing.

Sy was vyf jaar oud toe die slang haar byna twee jaar gelede op haar linkerhand in haar ouerhuis gepik het. Sy het onlangs ‘n operasie in die Hendrik Verwoerd-hospitaal in Pretoria ondergaan nadat die vinger swart geword het.

Volgens die ortopedis, dr. Etienne Maritz, het die lid, kneukel en been in die vinger gedisintegreer.

Die gif van ‘n Mosambiekse spoegkobra veroorsaak weefselnekrose.

Foto – Mikayla