Mense gesmokkel na Europa

In seevaardige toestand, ’n derderangse skip, met meer as 400 mense aan boord, was op weg na Europa, toe dit omgeslaan en aan die brand geraak het.

Blykbaar was die skip met sy “onwettige” vrag uit Afrika, wat hoofsaaklik uit Somaliërs bestaan, onderweg na Europa om daar ’n heenkome te vind.

Met die ter perse gaan, was sowat 200 lyke gevind, maar daar is nog baie mense wat opgespoor moet word.

Die skip het naby die eiland Lampedusa, by Suid-Italië begin brand en omgeslaan, en nou is meer as 200 mense nog nie gevind nie.

Die dodetal word op 300 geskat

Pietro Bartolo, ’n woordvoerder van Italië se Departement van Gesondheid, sê die soektog na die vermiste mense duur voort.

Die Italiaanse kuswag beweer die skip se bemanning het probeer om die mense na Europa te smokkel.

Europa gaan tans gebuk onder smokkelbendes wat mense teen vergoeding in smokkel by verskillende kleiner gebiede waar die kuswag selde patrolleer.