Mangat deksels winsgewend

Een van talle kenmerke wat deesdae ondervind word in die land, is die onverantwoordelike wyse waarop daar omgegaan word met die werk wat gevare inhou vir die publiek

Dit is die opmerking van ’n bestuurslid van Oranje Sake Instituut, na aanleiding van talle voorvalle waar werkers of onkundig was, of onverskillig is in hulle hantering van bepaalde take.

Die jongste voorval is in Silverton, Pretoria waar ’n 16 jarige seun in ’n oop gat beland het omdat die mangat se deksel verwyder is.

Die feit dat diewe gedurig mangat-deksels steel en verkoop by skrootwerwe, toon hoe siek die toestand in die land is, het die woordvoerder gesê.

Cheslin Potgieter, het in ’n oop riool-mangat langs die Moreletaspruit geval en moes vanweë die diepte van die gat, deur die brandweer gered word.

Hy het gelukkig net ligte beserings opgedoen.

In Silverton alleen, is meer as tien mangate sonder deksels gevind.

Klagtes by die munisipale owerhede val op dowe oor.

Woordvoeres meen die munisipaliteit, en die polisie behoort klopjagte uit te voer op skrootwerwe wat hulle daaraan skuldig maak om deksels aan te koop.

Die swaar deksels is ’n winsgewende handelsartikel vir die sogenaamde “werklose diewe”.