Lydenburg dalk in die duister.

Die Oos-Transvaalse regering het verlede Vrydag ingegryp en beheer van die munisipale gebied van Lydenburg en omgewing oorgeneem, nadat Eskom gedreig het om die raad se krag af te sny.

Die raad skuld Eskom sowat R150 miljoen en die krag verskaffer het kennis gegee dat die krag na die dorpe onder sy beheer (Lydenburg, Graskop en Sabie) op 16 Oktober afgesny gaan word.

Die munisipaliteit was die afgelope sewe jaar minstens drie keer onder kuratorskap, hoofsaaklik as gevolg van beweerde grootskaalse korrupsie, bedrog en wanadministrasie. Die stadsraad se sake is nou so benard dat skenkings en bydraes vir die ontwikkeling van infrastruktuur gebruik word om die personeel se maandelikse salarisse te betaal.

Leon de Jager van die Lydenburg-sakekamer sê Eskom dra ewe veel skuld vir die krisis in die dorp: "Die inwoners is vies vir Eskom omdat hy toegelaat het dat die situasie so lank sloer en nou buite beheer is."