Leerling versmoor

‘n Gr. 11-leerling aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naude in Pietersburg, Christo van Staden (17) het versmoor nadat hy ‘n stuk wasgoeddraad om sy nek gedraai en hom aan ‘n geut opgehang het.

Sy ma, Charmaine, het gesê luidens die lykskouingsverslag, het Christo versmoor.

"Hy was nie depressief nie en ons glo hy het dit nie beplan nie. Dit was ‘n ongeluk," het sy gesê.

Christo was op ‘n partytjie by sy suster, Christel, se huis in Ladanna. Hulle het baklei omdat hy nie daarvan gehou het dat haar vriend die Here se naam ydellik gebruik nie.

Christel verwag ‘n tweeling.

Sy ma sê hulle vermoed dat hy sy suster wou skrikmaak. Hy het die tou te styf vasgemaak en kon dit nie loskry nie. Sy vermoed ook dat hy ‘n drankie of twee gedrink het.