Kommer oor Wits bedankings

Die toekoms van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is blykbaar in die weegskaal weens die talle senior personeel wat links en regs hulle bedankings indien.

Die bedankings vind plaas by die oudste Universiteit van Johannesburg, weens die herstrukturering wat tans aan die gang is.

Die Universiteit is in die afgelope tyd deur voorvalle van beweerde seksuele teistering in die nuus en nou bedank senior akademici op ’n streep.

Die Vryburger het vertroulik verneem dat minstens twee van die Universiteit se dekane hul bedankings ingedien het.

Die Academic Staff Association of Wits University (Asawu) het glo ’n ernstige beroep op die Viserektor, Adam Rabib, gedoen om die redes bekend te maak waarom personeel nou bedank.