Koes vir webblad gevare

Moenie dink jou stelsel is waterdig teen webblad gevare nie.

Aanlyn-veiligheid is ’n gesofistikeerde en tegnologies gevorderde wyse om jou data te beskerm teen rowers.

Moenie dink dat jou gewone stelsel die rowers gaan verhoed om toegang tot jou data te kry nie.

Prof. Marthie Grobler, ’n kuber veiligheidskenner by WNNR, waarsku internet gebruikers om nie oorgerus te raak oor die aangeleentheid nie.

Gewone webwerwe en sosiale medianetwerke, soos Facebook en Twitter is plekke wat deur rowers geteiken word.

Kuberkrakers en seksmisdadigers raak al hoe meer gesofistikeerd om die internet vir hul misdade te gebruik, en mense moet versigtig wees om nie in daardie strikke te beland nie.

Die gevaar is dat mense hulle huisadres, ID-nommer, selfoonnommer, en ander belangrike inligting op die internet bekend maak, net om rowers en diewe die geleentheid te gee om  op hulle toe te slaan.

Sy wys ook daarop dat stede en dorpe se munisipaliteite, die persoonlike besonderhede van mense op hulle stelsels het.

Kuberkrakers vind maniere om die inligting te bekom, en dikwels is mense se bankbesonderhede ook op die stelsels, wat bankroof vergemaklik.

“Mense moet so min as moontlik persoonlike detail aanlyn beskikbaar stel en moet hul profiele, bankrekeninge en polisse gereeld nagaan om seker te maak als lyk soos dit moet.”

’n Groot gevaar is om met mense wat jy nie ken nie, op die internet mee bevriend te raak, net om later bedrieg te word.

Volg ook die onderstaande wenke vir aanlyn-veiligheid

Moenie jou volledige profiel op Facebook aanbring nie, nie eers vir jou vriende nie.

Moenie op Internet (facebook) advertensies reageer nie, dit is ’n slagyster.

Jou bankbesonderhede kom nie op die internet nie!!!!

Pasop vir onbekende e-posse – dis ’n gevaarlike virus.

Waarsku kinders om nie vreemde oproepe te maak of te beantwoord nie.

Moenie neerhalende, vernederende opmerkings maak op ’n webblad, in ’n koerant, of sosiale netwerke nie. Jy gaan ’n teiken word.