Kliniek sonder geld

Die Kliniek in Dealesville het nie genoeg geld om ’n kragopwekker waaroor hulle beskik, van brandstof te voorsien nie, en gevolglik ook nie die yskaste aan die gang kan hou nie. Die geld tekort lei daartoe dat die medikasie wat op ’n voorgeskrewe temperatuur bewaar moet word, nou ’n probleem skep.

Die personeel moet saans na werk, die medikasie na hulle onderskeie huise neem, om daar in die yskaste bewaar te word tot die volgende dag.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid gee nie genoeg geld sodat die kliniek behoorlik kan funksioneer nie.

Phelo Parkies van die ANC sê die betrokke LUR, dr. Benny Malakoane, het geruime tyd gelede onderneem om die probleem op te los.

Niks het gebeur nie.

Al wat moes gebeur, is om ’n bedrag elke maand oor te betaal aan die kliniek om brandstof te koop.

Basi Polelo, waarnemende Departementshoof sê die Departement sal dit ondersoek.