Kat en hond

Katte en honde is gewoonlik nie vriende nie, maar tussen Dexter en Gizmo is daar goeie samewerking soos en wanneer dit hulle pas.

Matt Hirst was doodseker daarvan dat hy die deure toegemaak het voordat hy uitgaan, maar met sy tuiskoms was een altyd oop. Vir vier dae het dit so aangegaan en toe het hy kameras in die vertrek gesit en ‘n verrassende "toneeltjie" gesien.

Slegs drie ure nadat hy die huis verlaat het, spring die kat op die "krappaal" en begin die deurknop draai. In net meer as minuut was die deur oop en het Dexter en Gizmo "ontsnap."

Volgens Hirst het hy die twee van kleinsaf saam grootgemaak en is hulle groot vriende.