Jy gaan lank wag!

As jy gedink het die Nuwe Suid-Afrika gaan jou nuwe ID-Kaart voor jou volgende verjaarsdag beskikbaar stel, wag daar ’n verrassing!

Dit kan tot sewe jaar neem voor jy die “nuttelose” kaartjie kry.

As jy gedink het jy kry die nuttelose kaartjie verniet, maak jy nog ’n fout.

Jy gaan minstens R140 vir die ding betaal wat ook maklik vervals kan word met die nuwe tegnologie beskikbaar.

Binnelandse Sake se Direkteur-generaal, ene Mkuseli Apleni, vra dat die publiek glo “geduldig moet wees”.

Die Departement kry glo nou eers die infrastruktuur van ‘n aantal kantore, landwyd gereed, waarna minister Naledi Pandor, sal beduie hoe die “projek” van stapel gestuur gaan word.

Intussen is vasgestel dat meer as 18,500 mense oor twee ID nommers beskik.

Dit is blykbaar veroorsaak deur die oneffektiewe bestuur, en swak kontrolemaatreëls wat toegepas word, in Binnelandse Sake.

Waarnemers sê die moontlikheid dat mense weer twee ID nommers met die nuwe kaartstelsel kan bekom, is hoog waarskynlik.

Intussen moet mense maar hul R140 vir ’n klompie jare teen die beste rentekoers belê om seker te maak die uitgawe is nie te groot nie.

’n Woordvoerder van die Verkenners het aan Die Vryburger geseq die geldmaak projek is nog ’n ondeurdagte besluit soos die e-tol-fiasko.

“Waar gaan die lokasie-plakkers die geld kry om die hordes werkloses se kaarte te betaal”, het hy gevra.