Jaagtog en skietery op N1.

 ‘n Taxibestuurder het die polisie Dinsdagoggend op ‘n uur lange jaagtog deur Pretoria tot in Johannesburg geneem.

Die taxibestuurder het eindelik oorkant die Killarney-winkelsentrum op die M1-suid gestop, waar die polisie hom in die been geskiet het.

Skynbaar het die polisie die taxi vanaf die Bosman-taxistaanplek in die middestad gevolg. Versterkings is ontbied nadat die taxi op die snelweg begin ry het.

Daar is op die taxi geskiet. Twee polisievoertuie is beskadig, maar niemand is beseer nie.

Die taxibestuurder is gewond toe hy van die toneel probeer vlug het. Een passasier wat saam met hom was, het weggekom.